Kamala Harris: nie ’n pushover, maar menslik

BAANBREKER

Kamala Harris: nie ’n pushover, maar menslik

Kamala Harris se opmars na die Withuis is belangrik vir Amerikaners en veral Amerikaanse vroue, maar wat beteken dit vir ons in die res van die wêreld? Veral in ag genome dat dit meer as 300 jaar geneem het voordat ’n vrou tot die invloedryke posisie van visepresident verkies is, vra ABIGAIL CALATA.

NET so goed as wat dit is dat Kamala Harris tot die amp van visepresident van die VSA verkies is, so teleurstellend is dit terselfdertyd dat dit so lank geneem het dat ’n vrou dié posisie beklee.

Harris het reggekry wat nie Sarah Palin in 2008 of Geraldine Ferraro in 1984 kon vermag nie. Verder is sy ook die eerste swart vrou en van Asiatiese herkoms wat dit regkry. Sy is een tree weg van die Ovaal Kantoor, wat die eerste swart manlike president vier (kort) jaar gelede moes ontruim.

Die CNN-joernalis Abby Phillip het op 6 November Harris en Joe Biden se goeie vertoning aan swart vroulike kiesers toegeskryf. “Swart vroue het dit teweeggebring,” het Phillip beklemtoon met verwysing na die steun van swart vroue in die voorverkiesing, wat verseker het dat Biden die demokrate se presidentskandidaat word. Volgens Phillip is dit “geskiedkundige poësie” dat die Trump-bewind met ’n swart vrou in die Withuis sou eindig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.