’n Brief vir Adam Small

DIE NUWE GESLAG KANNAS

’n Brief vir Adam Small

Het jy ooit kon droom dat jou werk wat in 1965 verskyn het, nog in 2020 deur 18-,19-jariges beskou sou word as hul padkaart na menswees, vra ANASTASIA DE VRIES die skrywer na afloop van haar eerstejaarstudente se eksamen.

NASIENWERK. Klaar. Die laaste lot, by die 180 eerstejaars. Kláár. Nou moet djy rus, vermaan Liefkind in ’n stem wat kraak van die kommer, djy lyk soese vars lyk. “Wat maak djy nou,” kom dit nog strenger toe ek notaboek en potlood beetpak. Ek skryf, sê ek. ’n Brief vir Adam.

Liewe Adam Small

Dis 17 November 2020. Pas die laaste van die eerstejaars se skrifte oor Kanna hy kô hystoe deurgewerk, punte afgehandel. Die eksamens was te lank, druk. Ek hét myself ’n week se slaap belowe, maar ek moet net eers vir jou sê van die dinge wat jy bly oopgrou, oopgrou. Luister bietjie wat skryf een van jou jonger geslag lesers in haar essay: “Adam Small sê in sy ‘Aantekening’ dat ‘die karakters praat oor afstande, jare, drome en die dood heen’. Maar hy is self dood en sy boek is al 55 jaar oud, amper so oud soos my oupa en dit speel af in ’n tyd wat hom laat huil as hy daaroor praat, en tog voel dit vir my Adam Small praat oor afstande en jare en die dood heen met my.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.