Ethiopië sink terug in die doodsdal van oorlog en bloedvergieting

KONFLIK IN TIGRAY

Ethiopië sink terug in die doodsdal van oorlog en bloedvergieting

Minder as ’n jaar nadat premier Abiy Ahmed van Ethiopië die Nobel-vredesprys gekry het vir sy rol om die dekades oue geskil met Eritrea te besleg, het sy regering nou losgetrek met 'n volskaalse militêre offensief teen sy eie bevolking in Tigray in die noorde van die land. Saamgestel deur WILLEM KEMPEN.

DUISENDE inwoners van die Ethiopiese deelstaat Tigray vlug nou elke dag uit die gebied voor aankomende regeringsmagte wat onder meer lugaanvalle op die hoofstad en ander teikens doen.

Terwyl na raming meer as 35,000 vlugtelinge nou al uit Tigray na die aangrensende Soedan gevlug het, het die Ethiopiese federale regering die strop al hoe stywer getrek: bank-, telekommunikasie en ander dienste is afgesny en al hoe meer mense het nie toegang tot kos, water en onderdak nie. Die Ethiopiese regering weier ook dat noodlenigingswerkers en joernaliste die gebied mag binnegaan te midde van bewerings dat die aanslag op Tigray niks minder as 'n volksmoord en etniese suiwering is nie. Die Verenigde Nasies het reeds gewaarsku dat 'n menseramp besig is om in die gebied te ontvou.

Die middelpunt van die krisis is die Tigray-streek in die bergagtige verre noorde van Ethiopië, een van die land se nege relatief outonome deelstate. Aan Tigray se noordelike grens is Eritrea, en effens verder na die weste is Soedan. Tigray word beheer deur die Tigray People’s Liberation Front (TPLF), en sowat 7 miljoen van Ethiopië se bevolking van 110 miljoen mense woon daar. Voordat Ahmed premier geword het, is die Ethiopiese politieke toneel in ’n groot mate deur die TPLF oorheers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.