EK het op 25 en 26 November aan ’n konferensie met die tema 25 Years of Local Government deelgeneem. Hoewel die onderwerp ietwat droog klink, was dit glad nie. Die geleentheid is georganiseer deur die dinktenk wat ek bedryf, Government and Public Policy (Gapp), en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga). Dit het baie van die mense byeengebring wat 25 jaar gelede die huidige model van plaaslike regering help ontwerp het. (Die konferensievideo’s kan hier besigtig word. (http://www.gapp-tt.org/25-years-of-local-government/))
Die “stelselargitekte” het oor twee dae saamgekom om die stelsel te bespreek wat hulle ontwerp het en te besin oor hoe dit oor twee en ’n half dekades gevaar het. Dit is wat die geleentheid so spesiaal gemaak het.
Op een vlak was dit ’n mea culpa en op ’n ander ’n viering. En daarin lê ’n onverbiddelike spanning. Het ons prestasies oor 25 jaar vereer of ’n katastrofe betreur? Plaaslike regerings word in die algemeen as skouspelagtige mislukkings bestempel. Hulle word gewoonlik as plekke van lafhartige korrupsie, onbevoegdheid en onbekwaamheid beskou...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.