Koebaai, Facebook!

NOTISIES UIT DIE KLUBHUIS

Koebaai, Facebook!

Jammer, Zuck. Dis te min, te laat. Tot hier toe en nie verder nie, sê HENDRI DE JAGER in sy laaste plasing op Facebook, wat hy hier met ons deel. Hy spesialiseer in kuber-reg, gegewensbeskerming en privaatheid en is 'n regsadviseur vir 'n internasionale tech-maatskappy in Berlyn, Duitsland.

  • 22 Januarie 2021
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 21 van 27
  • Hendri de Jager

TE midde van die krisis waarin die VSA haarself bevind nadat waansinnige, verregse dwase die Capitol-gebou bestorm en gevandaliseer het, kondig Mark Zuckerberg aan dat Donald Trump van al Facebook se platforms verban sal word, ten minste tot en met hy uittree as president van die VSA. Jammer ou Zuck, maar dit is “too little, too late”.

Facebook se sakemodel floreer op die subtiele sielkundige manipulasie van sy verbruikers. Spanne top-ingenieurs, ontwerpers, bemarkers en ander kenners spook dit dag en nag uit om te verseker dat ons soveel van ons tyd as moontlik aan hulle platform sal toewy. In ruil daarvoor versamel hulle ons data. Soveel daarvan as wat hulle moontlik hulle hande op kan lê – wie ons is, waarna ons kyk, met wie ons assosieer, waarvan ons hou – totdat hulle nie net ons gedrag akkuraat kan voorspel nie, maar doeltreffend kan manipuleer.

Data is die kosbaarste kommoditeit in ons moderne ekonomiese samelewing juis om hierdie rede. Besighede buit dit nou al vir jare uit om hulle produkte en dienste aan ons te bemark en te verkoop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.