Onderwys se toekoms is duidelik – daar’s nie meer tyd vir inhaal nie

GROOT MOEILIKHEID

Onderwys se toekoms is duidelik – daar’s nie meer tyd vir inhaal nie

As ons korrupsie kan vermy, is daar beslis geld om die onderrigleweringsmodel weer op koers te kry, skryf JONATHAN JANSEN.

VRA jy onderwysers hoe húlle meen die skoolstelsel in die toekoms gaan lyk, lyk die prentjie wat geskets word selfs donkerder as wat die meeste van ons dink. Ek het sowat 80 stories van onderwysers landwyd oor die tema “Onderrig in (en ná) pandemiese tye” gelees (dit sluit aan by die voorlopige titel van 'n nuwe boek). In ’n neutedop kom dit neer op: Hier kom groot, h'm ... moeilikheid (om dit beleefd te stel).

Een van die grootste besprekingspunte van 2020 was die hoeveelheid onderrigtyd wat verlore gegaan het sedert die pandemie-gedwonge inperking in Maart begin het. Talle grade het maande se onderrig verloor. Die regering se eufemisme van ’n “besnoeide kurrikulum” laat sake beter klink as wat dit is. Dit beteken basies dat afgesien van die nuttelose inhoud wat reeds uit ’n oorvol KABV-kurrikulum (kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring) verwyder is, belangrike graadinhoud ook uitgeskakel is om jaareind-assesserings meer haalbaar te laat lyk. Dis alles goed en wel, maar noodsaaklike inhoud het in die proses verlore gegaan.

Stories uit grondslagfase pla veral..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.