Van rampstaat tot rasstaat?

’N NUWE RASSEDIKTATUUR

Van rampstaat tot rasstaat?

Laas jaar was in baie opsigte die jaar van die EFF, met heelwat van sy geloofwaardigheid wat aan ANC-lede se versigtige goedkeuring te danke is. Maar wat is die verhouding tussen Julius Malema se wildewragtigs en die regerende party, vra HANS PIENAAR. Is hulle werklik politieke teenstanders of moet ons begin praat van die vierparty-alliansie?

WAT presies is die ANC? 'n Politieke party? Bevrydingsbeweging? Parallelle staat? Frontmaatskappy? Dis wel 'n bron van ewige bespiegeling: Binne elkeen van hierdie parameters wissel dit van die een uiterste na die ander, van regering tot opposisie, van Marx tot Mammon, pondok met paleis-en-suite en andersom, biegkerk en maskerbal tegelyk.

Veral sakelui kla oor sy onsekere beleid, sy onbetroubaarheid, maar ook sy onveranderlikheid – dis asof hy dinge opmaak soos dit opkom, maar telkens terugval op clichés en slagspreuke wat al 100 jaar lank dieselfde is. Dis asof HY self nie aldag mooi weet wat SY is nie, uitgelewer aan 'n permanente identiteitskrisis.

Een rede is dat hy sedert sy stigting as die South African Native National Congress in 1912 nog altyd 'n reaktiewe beweging was wat hom in terme van ander magte moes definieer – aanvanklik die veldtog teen die Wet op Naturellegrond van 1913, en uiteindelik as redder uit die kloue van apartheid en die wit regering. Sy ontstaan was 'n tragedie in die sin dat sy aangebore foute sy achilleshiel gebly het. Die 1913-wet, soos Sol Plaatje aangedui het, was nie gemik op wit grondrowery nie – dis reeds in die 19de eeu afgehandel – maar om die opkomende swart ondernemersklas te vernietig en in werkers te omskep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.