Afrikaans en die 1976-opstand: Die waarheid is ingewikkeld en...
VONK IN SOWETO SE KRUITVAT
Afrikaans en die 1976-opstand: Die waarheid is ingewikkeld en soms ongerieflik
Die rol van Afrikaans in een van die politieke waterskeidingsgebeure in Suid-Afrika is al met reg in vele geskrifte beklemtoon en is ook in die historiese geheue ingebed. Maar was dit die enigste rede waarom die opstand uitgebreek het? vra ALBERT GRUNDLINGH.
OM 10:30 op 16 Junie 1976 het duisende leerders in die woonbuurt Orlando-Wes in Soweto begin saamdrom om teen die beoogde en verpligte infasering van Afrikaans as onderrigtaal in sekere vakke op hoërskool te protesteer. Die getalle het aangegroei en leerlinge het opgeruk met plakkate met slagspreuke soos “Weg met Afrikaans” en “As ons Afrikaans moet praat, moet Vorster Zulu praat.”
Die polisie kon nie effektiewe beheer uitoefen nie en die situasie het ontaard toe skote geskiet is en minstens 15 jongmense gedood is en talle ander gewond is. Toe, volgens een koerant, “het alle hel losgebreek”. Geboue is aan die brand gesteek, motors is met klippe bestook en chaos het geheers. Die opstand het ook landwyd begin uitkring.
Die staat se aandrang op Afrikaans was besonder kortsigtig en onsensitief, veral omdat die tipe taalvaardighede wat vir so 'n beleid nodig was, grootliks in Soweto ontbreek het. En by niemand het die vaagste begrip van die lang termyn eens opgekom nie, naamlik dat die staat se optrede moontlik daartoe kon bydra dat Afrikaans in die toekoms met eksplisiete rasse-onderdrukking geassosieer sou word en tot die stigmatisering van die taal sou lei. Sedert 1976, eers met Soweto-dag en in 'n mate die latere Jeugdag, sou dié negatiewe kenmerke Afrikaans soos 'n geboortemerk bevlek. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Albert Grundlingh
AkademikusAlbert Grundlingh is ’n emeritus professor in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch.