LGBTQI+: Plaas jouself net in daardie onseker skoene

'N SKOOL WAT DIE BAL LAAT VAL HET

LGBTQI+: Plaas jouself net in daardie onseker skoene

Daar is nie net een skool soos die Hoërskool D.F. Malan in Suid-Afrika nie. Daar is helaas baie skole en 'n magdom mense wat met afsku en minagting teen LGBTQI+-mense optree. Eers wanneer die haters gekonfronteer word, is daar sóms 'n stywelip-‘jammer'. Dít is nie meer genoeg nie, en ons is ook lankal nie meer bang vir boelies nie, skryf ELSABÉ BRITS.

SOSIALE media herinner hoe diep die afkeer en onverdraagsaamheid in Suid-Afrika ingemessel is. 'n Monument vir kleingeestigheid. 

Vat maar dié vrou op Die Burger se Facebook-blad, ná die herrie omdat die skool éérs nie toegelaat het dat LGBTQI+-leerlinge iets doen om Pride-maand by die skool te vier nie, en toe ook nie opgetree het teen belhamels wat die groepie geboelie het nie: “Ek verstaan nie hoekom die skool moet jammer sê nie. Kyk eks 100% vir onderwysers moet Kids beskerm en ondersteun. Maar deesdae word al wat 'n geloof, seksuele oriëntering ens in almal se keel afgedruk. Ek Glo in God ons Hemelse Vader maar ek kan nie iemand anders dwing nie.”

En dié een: “Omdat hulle nie die gay pride optog by hulle skool wou toe laat nie! Shame nou vou hulle onder die druk van miskien 1% van die bevolking wat hulle stemmetjies wil laat hoor! Patetiese skool. Sulke goed hoort nie in die skole nie! More betoog hulle vir beastiality (sic) want dis mos ook n sextual (sic) voorkeur! Hoe laag het die mensdom geval!”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.