Die val van die laaste Afrikaner in die ANC

CARL-I-KATUUR

Die val van die laaste Afrikaner in die ANC

En in ander nuus, naas dié oor Jacob Zuma wat nou toegekap is, mymer HEINDRICH WYNGAARD oor die ánder vernederende val van die afgelope week. Dit is ‘die laaste Afrikaner' in die ANC, koddige Carl Niehaus.

IN Augustus 1994, vier maande ná Suid-Afrika se oomblik van uhuru, is ek aangegryp deur Rian Malan se artikel in Fair Lady oor Katerina Odendaal, ’n tannie wat hy in Tanzanië in die skadu van die vulkaniese berg Meru ontdek het: “The Last Afrikaner”, het hy en die tydskrif haar aan die lesers bekend gestel.

Die tannie se familie was deel van die groep Afrikaners wat in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog ooswaarts op in Afrika getrek het, wég van Britse heerskappy. Maar nou, lánk, lánk daarna, was hier nou geen van die ander oorspronklike Afrikaners meer oor nie; slegs tannie Katrien, gebore in 1929, en haar kinders en kleinkinders, nasate van haar daad van doodsonde deur met ’n swart man, ’n k-----, ’n verhouding aan te knoop.

Uit die verhouding het sy ’n seun gebaar, onder ’n doringboom op haar eie, waarna sy dwalend met die baba in haar arms deur ’n ou swart moeder gevind is. Die ou swart moeder het Katrien en die kind saam huis toe geneem en die kind se naelstring geknip – “along with all Katrien’s ties to her own people”, skryf Malan. Sover dit Afrikaners aangegaan het, was Katerina Odendaal nou so goed as dood...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.