(Omtrent) alles wat jy dink jy weet oor kos is verkeerd

KOFFIE, BOTTER, SOUT, WATER …

(Omtrent) alles wat jy dink jy weet oor kos is verkeerd

Is ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag? Is koffie sleg vir jou? Moet jy sout soos die pes vermy? Die antwoord op elkeen van hierdie vrae is nee (nie noodwendig nie), volgens prof. Tim Spector, een van Brittanje se voorste genetiese epidemioloë. In 'n onlangse boek blaas hy verskeie kos-mites met wetenskaplike bewyse uit die water. ANNELIESE BURGESS vertel meer oor vyf van hulle.

Mite #1: Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag

Die sogenaamde nadele daarvan om nie ontbyt te eet nie is nou in verskeie ewekansige studies ontluister, sê Spector. 'n Sistematiese hersiening van al die metadata van 11 ewekansige studies is onlangs in die British Medical Journal gepubliseer (https://www.bmj.com/content/364/bmj.l42). Daar is geen wetenskaplike bewyse dat om nié ontbyt te eet jou sal laat gewig optel of jou rustende metaboliese koers negatief beïnvloed nie. Boonop sê Spector is daar nou bewyse dat  om ontbyt uit te sny sommige mense kan help om gewig te verloor. 

Dit beteken nie dat alle oorgewig mense daarby sal baat vind om nie ontbyt te eet nie, want nie almal se liggame reageer op dieselfde manier nie. Spector sê byvoorbeeld hy geniet ontbyt, maar sy vrou eet eers later in die dag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.