Wayne Duvenhage en Outa: ’n stem vir die (gatvol) ...

GENOEG IS GENOEG

Wayne Duvenhage en Outa: ’n stem vir die (gatvol) belastingbetaler

Dit was die regering se ‘onwerkbare en onregverdige’ e-tolplan wat Wayne Duvenhage in 2013 as uitvoerende hoof van Avis laat bedank het om voltyds te bou aan die Opposition to Urban Tolling Alliance. Vandag is Outa (sedert 2016 die Organisation for Undoing Tax Abuse) se fokus lankal nie meer net op e-tol nie. Die drukgroep wil aanhou om die regering tot verantwoording te roep én help met oplossings, sê Duvenhage aan ANNELIESE BURGESS.

DIE regering neem hulle beslis nou ernstiger op as agt jaar gelede, lag Wayne Duvenhage op 'n bibberkoue wintersoggend oor die foon vanuit sy tuiskantoor in Johannesburg.

Toe die Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) in 2013 op die been gebring is, kon die regering nie hulle minagting en irritasie wegsteek nie vir dié groepie wat hulle stem durf dik maak het oor die plan om motoriste in Johannesburg en Kaapstad te dwing om te betaal elke keer as hulle 'n hoofweg wou gebruik. 

“Daar was 'n ongelooflike arrogansie," onthou Duvenhage. “Hulle was oortuig daarvan dat hulle die plan eenvoudig met 'n ystervuis sou kon deurdruk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.