’n Dun lagie wet en orde in ’n woedende samelewing

KWESBARE LAND

’n Dun lagie wet en orde in ’n woedende samelewing

'n Swak regering en ontoereikende polisiemag het hul hande vol om die chaos en stropery te probeer beperk te midde van dieperliggende spanning en frustrasie, skryf CAROL PATON.

DIE laaste paar dae is ons oral getref waar ons die kwesbaarste is: ’n land met slegs ’n dun lagie wet en orde; ’n verwerping van die sosio-ekonomiese status quo deur die gemarginaliseerdes; ondraaglike en groeiende ongelykheid en armoede; ’n polisiemag wat verswak is deur ingekorte begrotings en besuinigingsmaatreëls; ’n swak en verdeelde regerende party wie se interne konflikte inherent destabiliserend is.

Dis hierdie mengsel van elemente wat aanleiding gegee het tot die chaos waarin die land vasgevang is sedert oudpres. Jacob Zuma verlede week in hegtenis geneem is. Die betogings en stropery is nie die manifestering van ’n populêre opstand ter steun van Zuma nie, maar is die gevolg wanneer diepgewortelde maatskaplike spanning en frustrasies, wat in ons daaglikse lewe (meestal) in bedwang gehou word, aangespoor word om ’n swak staat gelei deur ’n swak regerende party te konfronteer.

Terwyl ons dus verlede week die oorwinning van die beginsel van wet en orde gevier het, kom ons hierdie week tot die besef hoe papierdun dit op grondvlak is. Niemand weet dít beter as mense wat in townships en informele nedersettings woon nie. Dit verg nie veel organisasievermoë of aanhitsing om ’n koorsagtige stropery te begin in ’n omgewing waar die polisie in werklikheid nog nooit ferm in beheer was nie, en waar die vlamme van geweld sedert die vorige vlaag van wetteloosheid nog nooit behoorlik geblus is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.