Peter Bruce was hoofredakteur van Business Day, Financial Mail en ABC, die uitsaaier van die Business Day TV-, Home Channel- en Ignition-kanale. Hy beskryf homself as ’n media-junkie, ’n bittereinder-aanhanger van die Proteas en Springbokke en ’n hopelose Sharks-ondersteuner.
PODSENDING
Wat gebeur met SA rugby as dié franchises waai?
Stuart Barnes, voormalige losskakel van die Britse en Ierse Leeus, sê vir PETER BRUCE professionele rugby gaan die grootste wedywering in rugbygeskiedenis – tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland – opbreek.
Deel
DIE Britse Sunday Times-rugbyskrywer Stuart Barnes vertel Peter Bruce in die jongste uitsending van sy Podcasts from the Edge dat professionele rugby die grootste wedywering in rugbygeskiedenis – tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland – gaan opbreek.
Luister terwyl Barnes, ’n voormalige losskakel vir Bath, Engeland en die Britse en Ierse Leeus, beskryf hoe vier plaaslike franchises – die Bulls, Stormers, Sharks en Lions – van Superrugby wegstap om by die United Rugby-kampioenskap aan te sluit, waar hulle teen Wallis, Skotland, Ierland en Italië sal speel. Nie Engeland nie! Nie Frankryk nie!
Wat op aarde gaan aan? Sal die Munster-getroues ’n stadion vul om te kyk hoe hulle span teen die besoekende Stormers speel? Onwaarskynlik, sê Barnes. Maar dalk is hier ’n groter doelwit. Sodra jy die Europese Ses Nasies het, met Suid-Afrika wat aangesluit het, hoe lank sal dit wees voordat Nieu-Seeland, Australië, Argentinië en Japan vir ’n deurlopende globale seisoen van toetsrugby by hulle aansluit?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Peter Bruce
Joernalis en rubriekskrywerPeter Bruce was hoofredakteur van Business Day, Financial Mail en ABC, die uitsaaier van die Business Day TV-, Home Channel- en Ignition-kanale. Hy beskryf homself as ’n media-junkie, ’n bittereinder-aanhanger van die Proteas en Springbokke en ’n hopelose Sharks-ondersteuner.