SA se verskroeide velde van ongelykheid is ryp vir woedende vlamme

HIERDIE KEER IS DIE GEWELD ANDERS ...

SA se verskroeide velde van ongelykheid is ryp vir woedende vlamme

Twee verduidelikings word vir die onlangse geweld in Suid-Afrika gegee: sameswering onder die elite en die desperaatheid van die armes. Maar waarom moet ons tussen dié twee kies? vra JONNY STEINBERG. Dis tog klaarblyklik albei.

MOEILIKHEID daag selde op in die gewaad wat ’n mens verwag. Sestien maande gelede is Suid-Afrika, in reaksie op die komende pandemie, ingeperk op nommerpas-maniere om armes uit te lok. Mense is in ’n soort militêre beleg in stampvol townships ingeperk. Diegene wat die reëls oortree het, is aan openbare vernedering onderwerp. Miljoene is sonder voldoende vergoeding van hul lewensbestaan afgesny. Ek het destyds gedink Suid-Afrika sou gelukkig wees om sonder ’n rebellie deur die inperking te kom.

Dit blyk toe dat omstandighede saak gemaak het. Mense was bang vir die virus. Mense het geglo hul regering pas sulke ekstreme maatreëls toe omdat dit in openbare belang was. Mense was buitengewoon instemmend.

Dit stilte van die armes het my sinies selfvoldaan laat voel. As dít nie rebellie ontlok nie, het ek gedink, sal niks anders nie. Die armes is per slot van rekening te swak, te kragteloos om weerstand te bied. Dit was eerder by die bevoorregtes in die binnekringe, mense met stemme en spierkrag, waar die potensiële moeilikheid gelê het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.