POLITIEKE NOTABOEK | Die keiser lyk maar kalerig

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Die keiser lyk maar kalerig

Cyril Ramaphosa was dalk nie heel kaal toe hy voor die Zondo-kommissie verskyn het nie, maar hy het nie veel meer as 'n knap onderbroekie aangehad nie – en hy moes woes vir sy paaltjies keer. MAX DU PREEZ het deur twee dae se getuienis gesit en het ernstige gemengde gevoelens.

SUID-AFRIKA weet nou mooi hoekom pres. Cyril Ramaphosa vier jaar lank, meestal tjoepstil, as die adjunk van die aartskorrupte Jacob Zuma gedien het. Nou moet ons vir onsself besluit: Aanvaar ons sy verduideliking? Het hy reggekry wat hy sê hy wou bereik? Of maak sy stilswye hom aandadig aan die verwoestende nege jaar van Zuma wat die land minstens R1.5 triljoen gekos het?

Die tipiese Cyril-sjarme en gemoedelikheid het in sy twee dae in die amperse beskuldigdebank voor regter Raymond Zondo plek-plek voor erg ongemaklike oomblikke gewyk. Ramaphosa het, toe hy in 'n hoek was, selfs 'n ou kameraad en een van die skoonste senior openbare figure onder die bus gegooi.

Hy het ook kwaai onder skoot gekom oor sy versuim die laaste twee jaar om die ernstige vergrype in die staatsekuriteitagentskap aan te spreek, 'n versuim wat, is deur die kommissie se getuienisleier gesuggereer, dalk onregstreeks tot die oproer in Julie help lei het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.