Jeremy Vearey en die donker water

SINISTERE STERTJIE

Jeremy Vearey en die donker water

Generaal Jeremy Vearey se aangrypende polisie-memoires het pas verskyn. Into Dark Water is die verhaal van sy lewe in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. ANNELIESE BURGESS berig oor die donker water waarin Vearey homself bevind het en die berusting wat hy gevind het.

“Ek het nog altyd meer van messe gehou as van gewere – van die Okapi-veermes van my jeug waarmee ek in Elsiesrivier rondgesluip het in die laat 1970's tot die meer skoorsoekerige Shenanigan wat ek vandag dra. En oor gewere glo ek in elk geval hulle macho hype is so oordrewe soos dié wat hulle rondslinger. Maar as omstandighede my sou forseer om een te gebruik, dan verkies ek die Makarov-9 mm-pistool van my dae as ANC-guerrilla en intelligensie-operateur eerder as die standaard Baretta van die Suid-Afrikaanse polisiediens."

Met dié woorde open Jeremy Vearey sy polisie-memoires, die betekenis veel dieper as die woorde op papier. Sy lewensverhaal kronkel tussen behoort en nie-behoort en tussen binnestander en buitestander wees.

Eers is daar die moeilike (maar ook opwindende) oorgangsjare waar 'n nuwe polisiediens gebou word. Volgens hom is dit “'n Frankenstein-monster … van ou Suid-Afrikaansie polisie en tien tuislandmagte"...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.