Rwanda se Ratels slag SA se Goats af in Moz se beeldbou-stryd

STREEKMAG IS STADIG UIT DIE BLOKKE

Rwanda se Ratels slag SA se Goats af in Moz se beeldbou-stryd

Rwanda se weermag het die afgelope maand in Mosambiek 'n operasionele plan so reg uit die boek uit en met militêre presisie uitgevoer. In teenstelling hiermee spook die ingrypingsmag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) nog om net eers al 3,000 sy troepe in Mosambiek te kry om uiteindelik die ekstremistiese bedreiging in die noorde van die land die stryd aan te sê. ERIKA GIBSON doen verslag.

OP 9 Julie het die Rwandese weermag (RDF) in die noorde van Mosambiek aangekom. Soos enige ordentlike weermagdoktrine voorskryf, het hulle 'n span vooruit gestuur na die Cabo Delgado-provinsie om inligting in te samel oor waar die ekstremiste skuil.

Mosambiek se pres. Filipe Nyusi, wat ook tans voorsitter van die SAOG is, het onder druk van dié organisasie 'n multinasionale vredesmag in sy land toegelaat. Kort voordat hy en die SAOG hieroor tot 'n vergelyk gekom het, het hy egter ook 'n ooreenkoms oor militêre samewerking met Rwanda gesluit.

Militêre kenners bespiegel oor Nyusi se presiese redes, maar dis wel duidelik dat Rwanda met sy professionele militêre aanslag oorgehaal was om die SAOG 'n ding of twee te wys. Dit sou ook Nyusi se mening versterk dat die vredesmag onnodig was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.