EK verstom my elke dag hoe vinnig sosiale media mense met geen mediese opleiding of kennis nie in kenners, spesialiste en alleswetendes kan omvorm. Gooi nog 'n skeut godsdiens by en jy as geneesheer word daagliks deur rigters, profete, nuut selfaangestelde en selfgeleerde kenners met “onweerlegbare bewyse” ná “ure se YouTube-navorsing” gekonfronteer. Durf jy verskil, bars die hel los en reën die Bybelse aanhalings op jou.
Gooi nóg 'n skeut politiek, korrupsie, sameswering en sieners by en siedaar! Moenie op geneeshere en hulle foefies vertrou nie. Ons is almal kop in een mus met Putin, Trump, Xi Jinping, Bill Gates en straks die Tandemuis en Paashaas ook, en ons almal is deel van die sameswering om die wêreld oor te neem of om net geld te maak.
Dít terwyl die hele wêreld se gesondheidswerkers letterlik elke minuut van die dag steier teen die aanslag van 'n verwoestende pandemie met tragiese en afgryslike lyding. Ook ons (en ons gesinne) word lelik blootgestel en rol ook in die nag in onsekerheid rond...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.