GROOTSE MONUMENT WORD AFGESKEEP
Oor Robbeneiland se ‘reënboog-drome’ wat skipbreuk ly
Die nasate van die eerste politieke aangehoudene op Robbeneiland, Autshomao, moet aandring op groter inspraak in hoe die eiland bestuur word, skryf HEINDRICH WYNGAARD.
GROOTSE MONUMENT WORD AFGESKEEP
Oor Robbeneiland se ‘reënboog-drome’ wat skipbreuk ly
Die nasate van die eerste politieke aangehoudene op Robbeneiland, Autshomao, moet aandring op groter inspraak in hoe die eiland bestuur word, skryf HEINDRICH WYNGAARD.
Deel
NELSON MANDELA het as kind in die Oos-Kaap die eerste keer van Robbeneiland gehoor. Die eiland was welbekend aan die Xhosas nadat Makana, aanvoerder van die Xhosa-magte in die Vierde Xhosa-oorlog, in 1819 deur die Britse koloniale heersers soontoe verban is.
Makana het per boot van die eiland probeer vlug, maar hy het verdrink voordat hy aan wal kon stap. In sy outobiografie, Long Walk to Freedom, skryf Madiba dat dié herinnering sedertdien ingeweef is in die taal van sy mense – as ’n uitdrukking van “wanhoop”: Ukuza kukaNxele, sê hulle. Ons het gewag op die koms van Nxele, maar dit was tevergeefs.
Makana was egter nie die eerste “Afrika-held” wat op die eiland aangehou is nie, herinner Mandela sy lesers, en deel dan met hulle ’n ander historiese gebeurtenis. Dit is dat die Khoekhoen-ikoon Autshumoa (ook bekend as Autshumao, Autshumato en Herrie die Strandloper) reeds in 1658 deur Jan van Riebeeck soontoe verban is ná gevegte tussen die inheemse Khoekhoen en die Nederlandse besetters van die Kaap...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Heindrich Wyngaard
JoernalisHeindrich Wyngaard is 'n joernalis en burgerlike aktivis wat aan die hoof staan van die Kaapse Forum.