SA het nie ’n skuldprobleem nie, eerder ’n groeiprobleem – en...

EKONOMIE

SA het nie ’n skuldprobleem nie, eerder ’n groeiprobleem – en ’n oplossing

Met die mantra ‘Dis ekonomiese groei, dommie!’ moet Suid-Afrikaners groei pleks van skuld die fokus van hulle ekonomiese oplossings maak. So nie sal daar niks wees om te deel nie, geen nasie om te transformeer nie en sal skuld die minste van die land se probleme wees, skryf COLIN COLEMAN.

  • 06 Oktober 2021
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 2 van 8
  • Colin Coleman

SUID-AFRIKA se skuld van nagenoeg R4 triljoen lyk so vreesaanjaend dat dit ons dikwels verblind vir ons werklike probleem en oplossing: ekonomiese groei.

Of dit nou is om maatskaplike welsynsteun uit te brei om ekonomiese vraag te stimuleer (soos die meeste lande in reaksie op die Covid-19-pandemie gedoen het), of om groenkrag-konsessies vir die herfinansiering van Eskom se skuld te ondersteun, is talle Suid-Afrikaanse beleidmakers en sakeleiers se refleksreaksie om terug te deins uit vrees vir wat albei bogenoemde vir ons skuld inhou.

Hulle moet eerder vra watter belofte hierdie maatreëls vir ekonomiese groei inhou. China en die VSA het albei 'n hoёr verhouding van openbare skuld tot die BBP as dié van Suid-Afrika (dit is onlangs tot 71% hersien, maar styg steeds). Suid-Afrika se skuldverhoudings stem trouens ooreen met dié van sy eweknieë in die opkomende markte. Ons ekonomie van R5.5 triljoen is 62 keer kleiner as dié van die VSA en 40 keer kleiner as China s’n...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.