Quinton de Kock en die taal van gebare

DIE PROTEAS SE KNIEË

Quinton de Kock en die taal van gebare

Gebaar, baar lewe, baarmoeder, baar … as daar nog iets oorbly om oor te skryf na ’n furore soos die rondom Quinton de Kock en die leë gebaar van kniebuiging, help dit altyd om na die betekenisse van woorde te beduie, die oerbetekenisse uit die tye toe geboorte gegee is aan nuwe woorde. En die woord gebaar self is nogal vrugbaar, skryf HANS PIENAAR.

GEBAAR, baar lewe, baarmoeder, baar … as daar nog iets oorbly om oor te skryf na ’n furore soos die rondom Quinton de Kock, help dit altyd om na die betekenisse van woorde te beduie, die oerbetekenisse uit die tye toe geboorte gegee is aan nuwe woorde. En die woord gebaar self is nogal vrugbaar.

Die Engelse woord gesture, byvoorbeeld, kom van die Middeleeuse Latyn gerere, wat beteken om te dra. Dit het te doen gehad met die houding wat jy dra; die afleiding gestus het lank verwys na ’n mens se houding, of attitude soos in “kocky attitude”, sou ’n mens kon sê. In Germaanse tale is die verband duidelik in die frase “gedra jou, Quinny”.

Gerere is ook die oorsprong van die Engels “gestation”, en die gedeelde semantiese oerbron van die Latyns kry weereens ’n eggo in die Germaanse woord “dragtig”, vir ’n koei of ooi. Daar is ’n teorie dat gebaretaal lank voor klanktaal ontstaan het, toe mense nog halwe ape was, en ’n mens sou kon bespiegel dat om te wys na ’n “dragtige” vrou een van die eerste gebare was wanneer dit by seisoenale beplanning kom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.