Die welkome chaos van water in die dorsland

TOE DINGE HALF BYBELS RAAK

Die welkome chaos van water in die dorsland

As dit onverwags kom reën in die droogtegeteisterde streek waar sy woon, ontaard dit in ’n chaos van daklekke, ’n oorstroomde stoep, bibberende katte en ’n Bybelse paddaplaag, skryf MADELEINE BARNARD. En verbysterde dankbaarheid heers daarna.

DAAR is weer gerugte van reën. Soos daar ontelbaar baie kere vantevore gerugte van reën was. Reën wat nooit kom nie. 

Ek steur my nie meer aan die weervoorspellings nie. Hulle jubel – tagtig persent kans! En dan is daar niks. Negentig persent! Niks. Die paar stofnatmakertjies wat die afgelope jaar of twee hier geval het, het uitgesak sonder enige waarskuwing van die weer-apps se kant af.

Ek kyk nie meer uit vir tekens van reën nie. Ek kyk nie op vir wolke nie. Ek gaan verbete en sonder enige verwagtinge my gang. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.