Verlange na die dae toe dinge eenvoudiger en ’n mens se tyd...

HOE DURF JY NEE SÊ?

Verlange na die dae toe dinge eenvoudiger en ’n mens se tyd jóú tyd was

Mens weet altyd bitter goed wanneer jy gepatronise word. En jy weet van klein bietjie mag. Van verknegting, skryf ANASTASIA DE VRIES.

SONDAG. Vroegmiddag. Ja wat, hy sit maar sit en nasien met Kersmusiek op die agtergrond en verlang na die dae toe dinge eenvoudiger en ’n mens se tyd jóú tyd was en “Stille Nag” huis uit turn en verf en jaart skoonmaak en Kerskaartjies aan ’n toutjie in die voorkamer beteken het. Nou sit hy al tot op die heilige dag met merkwerk, die 112de verslag wat gister al moes klaar, skripsies, tesisse, proefskrifte, e-posse wat oornag kleintjies kry en, en, en. Alles op die maat van “Oh, Holy Night” en “Away in a Manger”.

Wie was dit tog nou weer wat gesê het “whoever has not two-thirds of his day for himself is a slave”? Maar in hierdie tyd van die pes waar die grense tussen vrye tyd en werktyd en werkdae en die Here se dag ál verder en verder in die niet verdwyn, smyt jy niemand, veral nie jou departementshoof met ’n ander man se woorde oor slaaf wees nie. Nee, jy hou dit netjies, sê “sterkte” en om sy hart, of joune te versterk: “Dala what you must.”

Want was dit nie ’n dag of wat gelede toe die soveelste opdrag (vermom as ’n vriendelike versoek), nogals ounag toe jy seker al moes geslaap het, op jou oorhopens toe vol bord beland het nie? Kyk, smôrens eenuur met jou hele kop en lyf gefokus op ’n rekenaarskerm, sê jy makliker dankie, maar nee dankie vir oortyd werk, vir nog ’n versoek om nog ’n verslag te skryf. Twee-derdes van jou dag vir jouself? Ha! Die nag is nou jou vryetyd. Kry jy dan ’n ellelange antwoord met die ondertoon van “how very dare you say no”, dan praat jy maar eers kliphard met jouself in die woorde van wyle ant Kêt van Ravensmead: “Vrou, nou vat djy my vê van my Here af!”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.