‘FW het tot in 1989 in apartheid geglo’

EN TÓG ...

‘FW het tot in 1989 in apartheid geglo’

FW de Klerk het in sy roerende laaste videoboodskap wat net voor sy dood opgeneem is, gesê hy het al in die vroeë 1980’s besef apartheid was immoreel. Die akademikus en navorser FANIE CLOETE, hoof van staatkundige beplanning in die departement van staatkundige ontwikkeling en beplanning tussen 1986 en 1988, onthou dit anders.

  • 17 November 2021
  • Nuus & Politiek
  • 9 min om te lees
  • artikel 5 van 11
  • Fanie Cloete

EK was van 1981 tot 1989 in die departement van staatkundige ontwikkeling en beplanning saam met ’n klein groepie ander staatkundige beplanners verantwoordelik vir advies aan die NP-kabinet onder PW Botha oor hervormings aan die politieke beleid van die regering en die uitvoering van besluite daaroor. FW de Klerk was van 1982 af die leier van die NP in Transvaal, en onder meer ook die voorsitter van die wit eie-sake-administrasie binne die driekamerparlement, sowel as die minister van nasionale opvoeding.

Hoewel hy nie die mees senior kabinetslid ingevolge kabinetsprotokol was nie, was hy ongetwyfeld die mees invloedryke lid van die kabinet naas PW self, as gevolg van sy politieke aristokratiese familieverbintenisse met onder andere advokaat Hans Strydom (sy oom) en minister en waarnemende staatspresident Jan de Klerk (sy pa), asook op grond van sy amptelike leierskapsposisies in die party en sy sterk persoonlikheid.

Ek het as deel van my werk gedurende hierdie periode ure lange persoonlike gesprekke en ander interaksies met FW en die meeste van sy senior kabinetskollegas gehad oor moontlike rigtings vir verandering aan die politieke aspekte van die regering se apartheidsbeleid. My belangrikste herinnering aan FW gedurende al hierdie interaksies is sy konsekwente logika gebaseer op sy uitgangspunt dat apartheid moreel geregverdig was en moreel toegepas kon word om die eenheid maar veral die rasseverskeidenheid in SA maksimaal te kan ontwikkel. Dit was steeds sy verklaarde standpunt toe ek in Julie 1989 na die akademiese wêreld teruggekeer het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.