Wildekus: heilige grond, bloedgrond, hartsgrond

TEIKEN VAN ONTGINNINGSVRATE

Wildekus: heilige grond, bloedgrond, hartsgrond

ANNELIESE BURGESS skryf 'n liefdesbrief aan die ongerepte strook kuslyn tussen Port St. Johns en Oos-Londen met sy verlate wit strande, skuimende poele, rotsuitlopers, groen heuwels en inheemse kuswoude. En 'n woedende julle-sal-nie aan Shell en al die ander vrate wat dié kus wil ontgin vir nie wat bo-op die aardkors lê nie, maar daaronder.

DIE laaste stukkie pad van Kentani in die rigting van die kus kronkel deur nedersettings van blou en groen huisies, die meeste daarvan nog in die tradisionele rondawelstyl en gedek met rietgras. Mkhwezweni, KwaNongcobolo, Ndlezana, KwaGcaleka – ronde krale gemaak uit takke, met bokke en varke en kinders en blink bosse in die klowe wat die heuwels soos 'n groot lappieskombers aanmekaar stik.

Die grondpad draai deur rivierlope ruig met wildevy en kastaiing en soetdoring. Net as jy die see ruik, op die vlakte anderkant die Mbashe-rivier, begin die bospalms soos stukkies ongeskeerde baard in die groen landskap uitsteek. Die blou van die oseaan plooi oop op die laaste bult bokant Wavecrest – 'n dramatiese openbaring van 'n eindelose silwer baai en wilde branders wat in- en uitrol. Daar is die hoë duine, en daaragter twee riviere wat om een van Suid-Afrika se laaste wortelboomwoude saamvloei en verby die eenvoudige rondawelhotel op die oewer uitmond in die see.

Ons kom hiernatoe sedert ek 'n kind was. Nou bring ek my dogters ook. Dis 'n familietradisie wat terugstrek na toe my oupa 'n kind was. Hy het weer vertel dat my oupagrootjie, sy pa, Wavecrest die eerste keer met 'n ossewa besoek het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.