’n Groot jaar vir ‘klein’ partye

KOALISIES LAG LAASTE

’n Groot jaar vir ‘klein’ partye

Ná die DA se afjak van sogenaamde kleiner partye was dit uiteindelik ’n ‘klein’ party wat vir die jaar se groot samewerkingsdeurbraak in opposisiegeledere gesorg het. HEINDRICH WYNGAARD besing sy lof.

Die politiek kan jou nederig maak, ’n toontjie laer laat sing. John Steenhuisen, die DA se leier, sal weet waarvan ons hier praat: “Eating humble pie” is immers ’n bekende uitdrukking in sy moedertaal.

Omtrent so vyf dae voor die plaaslike verkiesings op 1 November het Steenhuisen by ’n laaste saamtrek in Pretoria aan kiesers gesê: “Don’t mess around with these small parties. I promise you: they are like a one-night stand.” O, ja? En verder sê die leier van die amptelike opposisie toe: “They will never return your call after the election. They will never pay the bill after the dinner. You will never see them again.”

Wel, dinge het toe ietwat anders verloop. Waar die DA dan tóg die meeste stemme van al die opposisiepartye gewen het, het hy – behalwe in die Kaapstadse metro – die steun van die ander nodig gehad om beheer by die ANC af te neem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.