Mense sonder geskiedenis – van Hangklip tot Hermanus

HOE MEER DINGE VERANDER ...

Mense sonder geskiedenis – van Hangklip tot Hermanus

Die Overstrand-omgewing is ’n gewilde bestemming met ’n kleurryke, fassinerende verlede en agtergrond. Ongelukkig hoor besoekers meestal net deel van dié gebied se geskiedenis. Is dit aspris of toevallig? vra ISMAIL LAGARDIEN.

EK woon in ’n rustige dorp aan die kus tussen Rooi-Els en Hermanus waar die Suid-Atlantiese oseaan op skurwe rotse en ’n strand hier en daar breek. Dis ’n vreedsame, relatief stabiele deel van die land, hoewel ’n mens nie die noodlot moet uitdaag nie ...

Ek wil graag 35 jaar of so in die verlede teruggaan. Europese besoekers kon arriveer op wat destyds die Jan Smuts Internasionale Lughawe was en op ’n pendelbussie klim wat hulle na ’n vyfsterhotel in Sandton of Rosebank sou bring. Die volgende dag sou nog ’n pendelbussie hulle na, sê nou maar, die Grand Central-lughawe in Midrand bring, van waar hulle na die Nasionale Krugerwildtuin of enige van die privaat wildreservate in die ou Transvaal sou vlieg. Nؘá ’n week of so sou die besoekers dan weer al die pad terugreis en wanneer hulle weer in München en Londen aankom, in ekstase vertel watter wonderlike land Suid-Afrika is.

Hier waar ek nou woon, word ek dikwels aan daardie blindheid en bevoorregting herinner, en hoe dit tot selfgenoegsaamheid lei, en ’n normaliteit wat strydig is met die grootste deel van die res van die land. In die plaaslike gemeenskap se WhatsApp-groepe word dikwels verwys na die dapperheid van die soldate wat in die ou Suid-Afrikaanse weermag geveg het. En daar’s ’n diepe nostalgie oor die goeie ou dae. Ek kan op een hand die aantal mense hier tel wat swart is, soos ek. En op die ander hand die aantal mense wat ’n diep geskiedenis het van antirassisme, antiseksisme en antihomofobie-aktivisme wat dekades teruggaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.