Cyril snork saggies terwyl die ANC die land afbrand

'N SEDER SMEUL IN WATERKLOOF

Cyril snork saggies terwyl die ANC die land afbrand

TOM EATON vermoed die president is reg oor ANC-faksies wat die grootste bedreiging vir demokrasie in Suid-Afrika inhou, maar besef hy wat die tweede grootste gevaar is?

PARTYKEER is ’n brand net ’n brand, maar wanneer dit uitbreek op dieselfde lugmagbasis waar die Guptas nege jaar gelede geland het, en met die puin van afgebrande besighede in Julie verlede jaar en die parlementsgebou vroeg vanjaar nog vars in die geheue, sal jy vergewe word as jy wonder of dit die stinkende nalatenskap van Jacob Zuma is wat besig is om oor Pretoria te verrys.

Selfs al blyk dit min of meer die gevolg te wees van ’n kadet wat ’n nie-standaard-weergawe-zol in die verkeerde tenk vol stralerbrandstof gegooi het, bly Sondag se brand by die Waterkloof-lugmagbasis ’n strak herinnering van hoe ver ons as ’n land van koers af gedryf het.

Byna ’n dekade gelede het regeringsamptenare geskarrel om ’n Waterkloof-brand van ’n heel ander aard te blus. Baie van ons het destyds gedink die teatrale aankoms van die Gupta-entourage was ’n bietjie van ’n grap, maar, agterna beskou, was dit ’n uiters sinistere oomblik...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.