Nee, Max, Afrikaans slag al lánkal die heilige koeie

’N ‘TANTE’ REAGEER

Nee, Max, Afrikaans slag al lánkal die heilige koeie

Wat presies sou swak Afrikaans wees as daar nie reëls is oor hoe Afrikaans moet lyk nie, vra SULÉNE PILON, voorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie, na aanleiding van Max du Preez se onlangse nuusbrief oor die demokratisering van Afrikaans. Is die Afrikaans wat vir Max irriteer, swak? En is al die reëls waarvan hy nie hou nie, irriterend?

MAX DU PREEZ vaar in die VWB-nuusbrief (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2022-03-21-die-demokratisering-van-afrikaans/) van 21 Maart 2022 uit teen die “akademiese ooms” en “tantes” wat aan Afrikaanse taalgebruikers “wil voorskryf hoe algemeen beskaafde Afrikaans gebesig moet word”. Hy skryf dat dit nou oukei is om ander variëteite as Standaardafrikaans te gebruik (was dit ooit nié oukei nie?), en dat daar twee goed is wat hom as Afrikaansskrywer irriteer: “[M]ense wat uit pure luiheid swak Afrikaans besig, en die ewige gemaak van reëls oor hoe Afrikaans moet lyk.”

Wat presies sou swak Afrikaans wees as daar nie reëls is oor hoe Afrikaans moet lyk nie? Is die Afrikaans wat vir Max irriteer, swak? En al die reëls waarvan hy nie hou nie, irriterend? Dit is ironies dat hy dan self die res van sy skrywe wy daaraan om reëls te maak oor hoe Afrikaans moet lyk. Hy skets taalkundiges en taalpraktisyns as die vyande van die Afrikaanse sprekergemeenskap – asof ons met ons reëls daarop uit is om Afrikaanse mense se lewens so moeilik as moontlik te maak. Anders as Max, wat met sý reëls oor hoe Afrikaans behoort te lyk, die taal “demokratiseer”.

Wat ons hier nie uit die oog moet verloor nie, is dat dit eintlik maar net nog 'n voorbeeld is van die (deesdae) oorbekende verdagmakery van die wetenskap. Net soos wat 'n antivakser haar nie deur mediese kenners gaan laat voorskryf wanneer dit kom by mediese sake nie, gaan Max hom nie deur taalkenners laat voorskryf wanneer dit kom by taalsake nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.