TAALDEBAT
Oor taalpuriste, kleinhuisiegate en stywe stokke
In sy nuusbrief Maandag het MAX DU PREEZ 'n uitnodiging gerig aan lesers om vir ons te skryf oor wat pla van Afrikaanse taalreëls – en wat nie pla nie. Hier is 'n keur van die reaksies, waarvan sommige verkort is.
TAALDEBAT
Oor taalpuriste, kleinhuisiegate en stywe stokke
In sy nuusbrief Maandag het MAX DU PREEZ 'n uitnodiging gerig aan lesers om vir ons te skryf oor wat pla van Afrikaanse taalreëls – en wat nie pla nie. Hier is 'n keur van die reaksies, waarvan sommige verkort is.
Deel
Baie dankie vir jou besinnende stuk oor ons taal en haar skryfwyses. Ek stem volkome met jou saam oor die belang van groter demokratisering van ons taal.
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het juis verlede jaar besluit om die taalnormeringproses waarvoor ons Taalkommissie (TK) verantwoordelikheid aanvaar, te hervorm. In kort behels dit dat die nuwe TK, die jongste sedert 1914, nou ook 'n verteenwoordigende Taalkommissieadviespaneel het. Die paneel is saamgestel uit 100 Afrikaanssprekendes uit alle streke en tongvalle. Hierdie adviespaneel, onder die voorsitterskap van die joernalis Heindrich Wyngaard, se opdrag is om op 'n gereelde grondslag die TK te adviseer oor woorde wat in die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls opgeneem kan word.
Jy vra VWB-lesers om te help om Afrikaans te demokratiseer. Ons Taalkommissie doen nou juis dít en verwelkom graag julle en jul lesers se bydrae om ons taal taalkundig te demokratiseer! Help ons om “algemene” Afrikaans vlerke te gee en die stigmatisering van “Standaardafrikaans”, “Niestandaardafrikaans”, “spelreëls”, “grammatika”, ens. om te keer!..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel