Die wêreldklas-blom uit beton wat keer op keer die kol tref

DIE DARTS-MAN VAN MITCHELLS PLAIN

Die wêreldklas-blom uit beton wat keer op keer die kol tref

Hy is die African Warrior van Mitchells Plain, nou van Bradford in Engeland – ’n man wat ’n suksesvolle loopbaan maak uit ’n sport wat ál hoe meer skares en kykers lok. ADRI KOTZÉ gesels met Devon Petersen in dié artikel wat oorspronklik op 8 Januarie 2021 in Vrye Weekblad verskyn het.

DIS soos 'n madeliefie wat uit die beton groei, verduidelik die man met die kaalgeskeerde kop en getatoeëerde linkerarm. Devon Petersen is homself aan die beskryf, of in elk geval sy merkwaardige prestasies en vordering die laaste paar maande in die corona-tyd van inperking. Hy het die kans gekry vir “introspeksie" en “nabetragting" – en dít was 'n goeie ding, sê hy. 

Dis verrassend, selfs onthutsend, dat een van die sterre van dié mees macho en testosteroongevulde van sportsoorte (kom ons noem dit argumentshalwe vir eers 'n sport) sommer reg aan die begin van die Zoom-gesprek so digterlik raak. 

Maar dan is die 34-jarige Petersen, die outjie van Mitchells Plain en deesdae van die post-industriële stad Bradford in die noorde van Engeland, een van 'n nuwe geslag beroepspelers wat veerpyltjies uit sy wit werkersklaswortels van rokerige kroeë met bierbevlekte matte tot by volgepakte arenas gesleep het en die geld laat inrol vir TV-kanale...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.