Dop, spek en afpersing in Boris Johnson-sage

GROOT HOND IN DIE PEKEL

Dop, spek en afpersing in Boris Johnson-sage

In ‘Operation Save Big Dog' wil die Britse premier glo sy eie bas red, maar dis die klein varkies wat sy ondergang kan bewerkstellig, skryf ADRI KOTZÉ.

DIS 'n infame leuen dat Boris Johnson in trane was toe hy rebelse Tory-LP's dié week een vir een gesmeek het om nie voort te gaan met hulle sogenaamde “Pork Pie Plot" om hom uit te skop nie, sê Downingstraat. (Dis nou terwyl Johnson self glo beplan om onderdane die skuld vir al sy probleme én die trekpas te gee in wat hy “Operation Save Big Dog" noem. Om sy eie bas, synde die groot hond s'n, te red.)

Die Britse premier se woordvoerder erken egter sy was nie daar nie en het nie gesien dat Johnson nié gehuil het nie, soos wat sommige van die stuk of 20 samesweerders met smaak laat uitlek het. En as 'n mens dan móét kies wie jy kan glo in wat soos hoofstuk 483 van die partytjie-sage voel, is die kans dalk net dat dit nie Johnson is nie.

Die komplot is wel na varkpasteie vernoem nie oor die premier se gewoonte om spek te skiet nie, maar omdat die vermeende voorbok-samesweerder, Alicia Kearns, die LP is vir Melton Mowbray. Dié dorp, in Leicestershire in die middel van Engeland, is bekend as die “home of the pork pie". ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.