Klip in die bos | Is die Kerk nog relevant?

HELING EN VERDELING

Klip in die bos | Is die Kerk nog relevant?

Die meeste stoere kerkmense sal na alle waarskynlikheid voel hulle kerk is steeds relevant en het betekenis. Nie-kerklikes, wetenskaplikes en ateïste sal nie saamstem nie. Die kerk lê in die meeste gevalle ver buite hulle leefwêreld, skryf die oudpredikant KOBUS SMIT.

  • 01 April 2022
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 13 van 26
  • Kobus Smit

MET al die ontdekkings en ontwikkelinge in die wêreld die afgelope ses eeue het die wetenskaplike en die antieke wêreldbeeld in botsing met mekaar gekom. Dié spanning bestaan steeds. Die wêreldbeeld wat gelowiges via die Bybel gevorm het, is in stryd met dié van die wetenskaplike wêreld. Die insigte van veral die natuur- (kosmologie en kwantumfisika) en geesteswetenskappe (sielkunde, sosiologie, ensovoorts), lyk op die oog af of daar konflik bestaan. So byvoorbeeld glo die kreasioniste die skepping het in ses dae ontstaan. Vir evolusie laat hulle geen ruimte nie. Wat hulle betref, is dit ’n onbybelse siening. Ook te verstane, want hulle hanteer, op fundamentalistiese wyse, die Bybel as “wetenskaplike handboek”.

Skeidinge van ras, klas, status en gender

Die kerk het oor die eeue heen die skeiding van ras, klas, geslag en gender voorgestaan. Die vroeë kerk het dit al bitter moeilik gevind om die “onreines”, dit is die Grieke, Romeinse en ander nasies, as medebroers en -susters te aanvaar. Dit is steeds die tendens. Daar is baie min kerke in Suid-Afrika waar mense van kleur werklik welkom voel. Daar is selfs kerke wat vandag nog, nadat apartheid as sonde teen die mensdom verklaar is, net wit mense as lidmate toelaat. Eenheid, die kenteken van die kerk, het nog altyd in die slag gebly omdat die tradisionele kerke steeds die samelewing se “skeidsmure” van ras en klas wil behou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.