Kaaps-Maleise kultuur en tradisies deur ’n kameralens

DOKUMENTÊRE FOTOGRAFIE

Kaaps-Maleise kultuur en tradisies deur ’n kameralens

’n Foto-uitstalling in Kaapstad vang die kultuur en tradisies van die Kaaps-Maleise en Moslem-leefwêreld uniek vas. ISMAIL LAGARDIEN meen dis ’n insiggewende blik op dié gemeenskap.

’N FOTO-UITSTALLING, The Preservation of Cape Malay Culture & Tradition, deur Tashneem Abrahams, wat ’n paar dae lank in die middel van Maart te sien was, is vir twee weke, van 31 Maart tot 15 April, na die Kaapse Moslem-en-slawe-erfenismuseum by die Kasteel in Kaapstad teruggenooi.

Op een manier, sonder om dit uitdruklik te doen, herinner die uitstalling sterk aan die plek in die geskiedenis van slawe wat vanuit die Nusantariese (Indonesiese) wêreld na die Kaap gebring is. Dit is ’n geskiedenis wat byna gedwonge op die agtergrond bly deurdat sy traumas uitgewis of ten beste geminimaliseer is; verberg deur die voorrang wat apartheid gekry het as die aambeeld waarop onreg in Suid-Afrika uitgetimmer is. Op ’n ander manier weerspieël die foto’s die Moslems se kultuur en blywende teenwoordigheid in Kaapstad. Hoewel die Moslem- of Maleise gemeenskap in Kaapstad die fokuspunt is, is dit vir die geoefende oog ’n geheuebrug of mnemoniek van hierdie gemarginaliseerde gemeenskap in Suid-Afrika.

Ek volg Abrahams se werk reeds ’n paar jaar op sosiale media en dit is duidelik dat sy as kunstenaar aansienlik ontwikkel het, tegnies én esteties, en ook in haar gemeenskap, die Maleise mense van Suid-Afrika, geanker gebly het. Hierdie verankerdheid is insiggewend, want deur hierdie uitstalling wys Abrahams sy besef wie sy is en dat sy seker is van haar plek in die wêreld. Wat dit betref, kies ek ’n ander koers as Marcus Bunyan, (https://artblart.com/tag/the-photographic-gaze/) die Australiese kunstenaar en skrywer wat gesê het “hoe meer ons ons visie van die wêreld wil aanpas en dit wil beheer, hoe minder seker is ons wie ons is en wat ons plek in die wêreld is”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.