KONTROVERSIE OP KONTROVERSIE
Huis Marais soos ons dit geken het, is hopelik verby
Die voorval in die Maties-koshuis Huis Marais, waar ’n wit student, Theuns du Toit, geürineer het op die studiemateriaal en skootrekenaar van ’n swart student, Babalo Ndwayana, het allerhande herinneringe by hom laat loskom, skryf ’n oudinwoner, ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS.
KONTROVERSIE OP KONTROVERSIE
Huis Marais soos ons dit geken het, is hopelik verby
Die voorval in die Maties-koshuis Huis Marais, waar ’n wit student, Theuns du Toit, geürineer het op die studiemateriaal en skootrekenaar van ’n swart student, Babalo Ndwayana, het allerhande herinneringe by hom laat loskom, skryf ’n oudinwoner, ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS.
Deel
HUIS MARAIS móét ’n manskoshuis bly. Dis waarvoor 4,288 ouens in ’n aanlyn petisie (https://www.change.org/p/stellenbosch-university-huis-marais-to-remain-a-single-gender-residence) gevra het nadat die Universiteit Stellenbosch in 2019 ’n gedeelte daarvan in ’n vrouekoshuis wou omskep. In ’n aanlyn petisie dié week (https://www.change.org/p/expel-theuns-du-toit-from-stellenboschuniversity-expeltheuns-stellenboschuni?utm_content=cl_sharecopy_33355882_en-GB%3A6&recruiter=333548763&recruited_by_id=b76d1270-1ff7-11e5-9596-1382c6415efa&utm_source=share_petition&utm_medium=copylink&utm_campaign=psf_combo_share_initial&utm_term=psf_combo_share_initial) word gevra dat ’n Huis Marais-inwoner geskors moet word in die jongste kontroversie wat dié 75-jarige koshuis in die gesig staar. (Ten tyde van publikasie het meer as 100,000 mense dit al geteken.)
Hierdie is ’n instansie wat bly voortbestaan omdat voormalige inwoners verbete daarvoor voortveg. Neem die twee petisies as voorbeelde. Die katvoetigheid van daai eerste petisie, en dit wat daarna gebeur het, kan verduidelik hoekom een van die kleinste Maties-manskoshuise die grootste skade aan die universiteit se reputasie kan berokken.
Ek was ’n Huis Marais-eerstejaar en is halfpad deur my tweede jaar daar weg. Eintlik het ek reeds in die tweede week daar geweet dis nie die plek vir my nie, maar daar was toe reeds ’n studentelening op my naam. Die res van die tyd kon ek net hoop dinge sou uitwerk..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
André-Pierre du Plessis
JoernalisAndré-Pierre du Plessis het meestersgrade in joernalistiek aan Stellenbosch en Columbia in New York verwerf. Hy en sy man woon in Londen.