DIT is goeie nuus dat die pa van die Stellenbosse student wat Sondag op 'n koshuismaat se tafel gepie het, nou met die pa van die slagoffer kontak gemaak het.
My eerste reaksie Maandagoggend toe ek van die onsmaaklikheid gehoor het, was: Wie is dié mannetjie se ouers? Wie is sy dominee? Dié soort rassisme ontstaan nie by 'n seun as hy eers uit die huis uit is nie, en kom nie skielik na vore net omdat hy te veel gedrink het nie.
Nou sê Rudi du Toit, wynmaker van Worcester en pa van Theuns, hy het Babalo Ndwayana se pa, Mkuseli Kaduka, gebel en hom om verskoning gevra. Dis nie hoe hy sy seun grootgemaak het nie, sê hy...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.