Op soek na ‘Ware Afrikaners’: Van ’n kat in Holland tot by...

PUSSY GALORE

Op soek na ‘Ware Afrikaners’: Van ’n kat in Holland tot by Nampo in die Vrystaat

Gaan die etiket van ‘Boer’ of ‘Afrikaner’ mense beter beskerm teen die aanslae van die tyd? Wat kry diegene reg wat so kru in die openbaar en op sosiale media in Afrikaans vloek ( taal- en spelfoute en al)? En moet dié sogenaamde Christene nie weer die evangelie gaan lees nie? JACO KLEYN bepeins Afrikanerskap na aanleiding van aanvalle op die akademikus en Vrye Weekblad-rubriekskrywer Piet Croucamp.

  • 20 Mei 2022
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 6 van 29
  • Jaco Kleyn

MET die NAMPO-fees in Bothaville in die Vrystaat gons dit behoorlik op sosiale media. Die “p”-woord is geuiter en om sake te vererger is dit gedoen binne 'n sinsverband van vyandigheid teenoor die volk.

Hoekom is dit so uiters belangrik vir diegene wat hulself as deel van “Die Volk” bestempel om hulself altyd na die voorgrond te boelie? Die onmiddellike reaksie op hierdie vraag sal natuurlik 'n kakofonie stemme wees waarin plaasmoorde, konsentrasiekampe, korrupsie, algemene verval en dies meer sorgvuldig omarm word met 'n paar swak geplaaste “p%#se” en “verraaiers”.

Dit is hierdie misplaaste reaksies wat die sogenaamde “volk” as randfigure tipeer. Dalk as hulle minder gil en skree, sal hulle hoor wanneer sogenaamde “verraaiers” soos Max du Preez uitvaar teen die korrupsie binne die ANC-regering. Dalk hoor hulle dan wanneer die einste Max vertel dat hy 'n boorling van die Vrystaat is en ook familie in die konsentrasiekampe verloor het. Miskien hoor hulle wanneer die sogenaamde “grootste vyand van die boerevolk", Piet Croucamp, in sy openbare kommentaar die regering se swakhede aan die groot klok hang. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.