Goeters wat jy nie hoef te weet nie, maar tog

WIET DJY?

Goeters wat jy nie hoef te weet nie, maar tog

  • 04 Augustus 2023
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 13 van 31

Die nuwe Barbie-fliek het almal van feministe tot kritici van woke culture aan die praat. Hier is 'n klompie dinge wat jy dalk nie van die wêreld se gewildste pop geweet het nie:

Haar volle name is Barbara Millicent Roberts.Sy is die skepping van Ruth Handler, medestigter van die speelgoedvervaardiger Mattel.Barbie is “gebore" op 9 Maart 1959, toe Handler haar vir die eerste keer op die American International Toy Fair in New York aan die wêreld gewys het.Barbie se fisieke voorkoms is geskoei op Bild Lilli, 'n Duitse pop wat in die vroeë 1950's geskep is en op haar beurt gegrond was op die strokieskarakter Lilli wat in die Hamburgse poniekoerant Bild-Zeitung gepubliseer is en op volwassenes gemik was. Die Lilli-karakter het 'n bestaan gemaak deur ryk mans te verlei en dan uit hulle geld te swendel.Handler het dié pop raakgesien terwyl sy in Europa met vakansie was, en later die regte vir die produksie van 'n soortgelyke pop by die oorspronklike Duitse vervaardiger gekoop.Barbie is gebore in die fiktiewe dorpie Willows, Wisconsin.Sy het oor die jare sewe sibbe gehad: Skipper, die tweeling Todd en Tutti, Stacie, Kelly, Chelsea en Krissy.Ken is vernoem na die Handlers se seun Kenneth.Barbie het oor die jare meer as 130 beroepe gehad, waaronder verpleegster, rocksanger, TV-aanbieder en president van die VSA.Barbie was nog nooit getroud nie en ook nog nooit swanger nie – sover ons weet, in elk geval. 

♦ VWB ♦..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.