Vír ons of téén ons – woorde met ’n geskiedenis

OORLOG EN VOLKSMOORD

Vír ons of téén ons – woorde met ’n geskiedenis

Die verdeling van die wêreld in Islamitiese terroriste wat demokrasie en vryheid haat versus die Westerse beskawing, gaan terug na lank voor die huidige oorlog in Gaza, die aanvalle van 11 September in 2001 op New York en Washington of die eerste inval in Irak in 1990, sê ISMAIL LAGARDIEN.

NÁ die skrikwekkende gebeure van 11 September 2001, toe vliegtuie in die World Trade Center in New York City en die Pentagon in Washington DC vasgevlieg het, was die wêreld deurdrenk met nuus en inligting oor Islam en Moslems. Die godsdiens en sy ware gelowiges, van Türkiye tot Afghanistan, Nigerië tot Mindanao, was in die visier van almal wat geglo het die “Westerse beskawing” word aangeval.

George W. Bush het die grense getrek van wat aanvaarbaar, en ortodoksie is, met sy stelling (of amptelike reël): “Jy is óf met ons óf teen ons." Benjamin Netanyahu het soortgelyke óf/óf stellings gemaak, waarna ons hieronder sal terugkeer. 

Met of sonder opset het Bush 'n versameling Islamofobiese en oriëntalistiese tekste gebruik, soos die werk van Bernard Lewis, wat bedreigings van Islam vir die Westerse beskawing opgeroep het. Hierdie “bedreiging" is as 't ware verfyn deur die teorie van die botsing van beskawings (“clash of civilisations"), wat, dink ek, sou oorvleuel in meer onlangse besprekings van beskawingstate...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.