Macpherson wou net ’n skroef vasdraai, nou ratel die hele...

DISPUUT IN DIE REGERING

Macpherson wou net ’n skroef vasdraai, nou ratel die hele onteieningswa

Die DA-minister van openbare werke, Dean Macpherson, het logiese teenstrydighede in die Onteieningswetsontwerp raakgesien, skryf ALI VAN WYK. Maar toe hy dit wou regmaak, loop dit uit op 'n ideologiese rumoer oor kwessies wat jare gelede al op die spits gedryf is.

DIE nuwe Onteieningswet is verlede week deur president Cyril Ramaphosa onderteken. In reaksie het ’n luide, dissonante koor van protes uit die geledere van die junior partye in die regering van nasionale eenheid opgeklink.

Die DA het selfs so ver gegaan as om aan te kondig dat hy ’n dispuut verklaar oor die wet, maar ook oor die hantering van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering, deur hom te beroep op artikel 19 van die verklaring van voorneme, die dokument waarop die RNE gebaseer is. Dit beteken die partye sal nou ’n proses van dispuutbeslegting volg.

Die verrassende aspek van die DA se teenstand is skynbaar deur die meeste joernaliste en media gemis, en dit is dat dit nie in die eerste plek gebaseer is op ’n voorspelbare ideologiese sirkusvertoning om emosie op te jaag en steun te werf nie. Dit is inderwaarheid ’n tegniese punt wat ’n skynbaar logiese fout in die prosedure uitwys wat deur die wet voorgeskryf is om dispute rondom vergoeding op te los. Macpherson wou klaarblyklik ’n positiewe grondwetlike bydrae lewer deur die fout uit te wys, maar dit was soos om wolf-wolf te skreeu. Ons keer later hierna terug...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.