Grondmoleste: Die swepe begin sak

REGSTELLING VAN DIE VERLEDE

Grondmoleste: Die swepe begin sak

’n Prominente publikasie het onlangs twee artikels geplaas oor grondhervormingsplase waar alles in duie gestort het. ALI VAN WYK het gaan kers opsteek by die landboujoernalis Chris Burgess en gehoor van 'n nuwe gees wat stilweg begin posvat het.

EK stel nog altyd in die gronddebat belang, omdat grond so 'n sentrale rol in die geskiedenis van my voorsate gespeel het – omtrent almal Voortrekkers wat hulle in die Vrystaat gevestig het. Die eerste ding wat daaroor aan my gesê is, is dat die grond waarop ons geboer en geleef het met bloed deur my voorvaders gekoop is.

Ek het vroeg besef hoe problematies hierdie siening was omdat die mense wat met “bloed betaal is” nou sonder grond gesit het, en met die witmensbloed wat in die sand weggesyfer het kon hulle nie veel doen nie. Hierdie einste mense was al vir ten minste ’n eeu van hulle eie bodem vervreem – die meeste veel langer, selfs permanent.

Dit het my jare geneem om te verstaan wat grond as ’n politieke konsep beteken, eerder as net ’n middel van produksie. As gesiglose, aggressiewe EFF-ondersteuners op sosiale media vir jou sê jy moet die grond teruggee en terug fokof Nederland toe, sou ek gewoonlik eerste vir die persoon vra of hy aansoek gedoen het vir grond deur restitusie of herverdeling. ’n Onderhandelde skikking is immers in die land bereik en een van die eerste programme waarop ooreengekom is, was ’n ingrypende herverdeling van grond. Daarvoor is die eerste nuwe wet in die nuwe demokrasie in 1994 geskryf, die Wet op Herstel van Grondregte van 1994 wat moontlik gemaak is deur artikel 25 van die nuwe Grondwet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.