Pravin, die staatskapers se gawe oom

APPARATCHIK IN MURG EN BEEN

Pravin, die staatskapers se gawe oom

As dit net oor die Inkomstediens gegaan het, sou PIET CROUCAMP vir Pravin Gordhan tot heilige kon verklaar, maar ongelukkig vertel die feite oor die res van sy loopbaan 'n ander storie.

KOM ek maak die punt wat ek wil maak en soek dan regverdiging daarvoor. Pravin Gordhan het alles gedoen wat hy kon om hom te onderskei van Jacob Zuma en sy garnisoene plunderende staatskapers in die sogenaamde “nege verkwiste jare". Dit is so, ja. Maar hy was ook 'n “enabler” en het as minister van finansies met reddingspakkette die kapitaal voorsien wat die plunderaars se deelname in die waarde- en voorsieningskettings van Suid-Afrika se 700-plus staatsondernemings befonds het.

Bemagtigingswetgewing (“enabling”) het staatsondernemings die ruimte en speelplek gemaak van die Guptas, vennote met buitensporige winsmarges, Luthulihuis se Progressive Business Forum (PBF), ontplooide kaders, tenderpreneurs, protection racketeers en misdadigers. Hy het geweet die bestuur van staatsondernemings was deurtrek van korrupsie en swak bestuur, maar voortgegaan om ANC-beleid te befonds.

Gordhan sou dit kon omdraai, maar hy wou nie en het nie. Hy was 'n ANC-apparatchik in murg en been, baie dikwels ten koste van Suid-Afrika en Suid-Afrikaners se belange. Staatskaping kon net plaasvind indien ANC-beleid tot die letter uitgevoer word en dit is presies wat Gordhan sou doen. Teen die tyd dat hy die leisels by die ministerie van staatsondernemings oorgeneem het, het hy geweet in watter benarde toestand dié besighede was, maar sy ideologiese voorbehoude jeens die privaatsektor het hom verhoed om iets daaraan te doen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.