Kom ons dekoloniseer Afrikaans

NUWE TAAL-ERA

Kom ons dekoloniseer Afrikaans

MAX DU PREEZ stel voor dat Afrikaanse taalmonumente ook in die Bo-Kaap en op Genadendal opgerig word om te erken dat die Tabernakel op Paarlberg nie regtig die geboorte van dié Afrika-taal versimboliseer nie

EEN van die groot hartseerstories van die sonnige suidpunt van Afrika is dié van Ouma Katrina Esau van die Noord-Kaap. Sy is die laaste mens wat een van die heel oudste tale in die wêreld, N|uu, magtig is. Dit was die taal van lede van die oudste groep mense in die wêreld, die San/Boesman, die naaste wat ons kom aan die jagter/versamelaars van Afrika wat ons almal se voorsate is. Navorsers meen N|uu is al meer as 25 000 jaar gelede gebesig.

Elke taal wat agteruitgaan of verdwyn, is 'n verlies vir die hele mensdom.

'n Taal is meer as net hoe ons spesie kommunikeer, dit is hoe ons ons verbeelding verwoord, ons spiritualiteit en emosies uitdruk. Elke taal is die argief van die intellektuele rykdom van almal wat oor eeue en millennia meegemaak het aan die skepping en vorming daarvan. 'n Hardeskyf met triljoene stukkies insette...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.