Sê saam met my: Te hel met padel

DIE NUWE GHOLF, MAAR ...

Sê saam met my: Te hel met padel

Die sportsoort is maklik om te leer, meer vloeiend as tennis, vinnig en strategies én bied geleentheid vir quick dating. Dis ook vrek duur, skryf CELESTE THERON.

Die spel ná padel

Padel is die nuwe gholf, sê my begaafde vriend Bernard Brand. Ek haat gholf, tog is daar iets aan hierdie skelblou bane wat my fassineer wanneer ek daar verby ry en die flink manne die balle sien ronddonder. Hoewel Suid-Afrika stadig maar seker bygekom het met die padel-gier, het die rakette laat waai toe die uitverkorenes ontdek het daar is ’n plek vir die single om te mingle. Dit lyk soos iets tussen muurbal, netbal en tennis – of daai ding wat jy op die strand speel. Die baanbrekende sport het beleggers in rep en roer, en hoewel die bane redelik maklik is om op te rig, sien hulle nou hul moer, volgens Daily Maverick.

Die sport is oorspronklik ontwikkel deur Enrique Corcuera in 1969, 'n Mexikaanse sakeman en lekker-oom wat Hawaii-hemde geniet het en waarskynlik kokaïne ook. Hy wou ’n  nuwe sport skep wat op ’n kleiner oppervlak as ’n tennisbaan gespeel kon word. Die eerste padelbaan is in sy agterplaas in Acapulco, Mexiko, gebou, en die eerste een in Suid-Afrika, natuurlik in Val de Vie: ’n ultra-chi-chi sekuriteitslandgoed in die Paarlse wynlande...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.