Johannesburg se stadsbiblioteek: Die verval dryf jou byna tot...

VERLORE PARADYS

Johannesburg se stadsbiblioteek: Die verval dryf jou byna tot boeke vat

CELESTE THERON bring die eerste besoek van haar lewe aan die ikoniese Johannesburgse stadsbiblioteek, 'n bron van kennis vir vele generasies van veral swart mense. Sy vind nóg 'n plek wat soos die Johannesburgse kunsgalery 'n embleem is van die agteruitgang van Suid-Afrika se grootste stad.

WANHOPIGE deftigheid omring my toe ek by die deure instap en my sambreel toeslaan. Geleë aan die ou Markplein, oorkant die ANC se Luthulihuis, staan die Johannesburgse stadsbiblioteek, omring deur tydelike heinings. Ek meet my treë presies, met oë soos liniale, om verby die twee sekuriteitswagte te glip en trippel onderdeur die ruim koepelvensters waarteen die reën aanhoudend kletter: blink gepoleerde hout en koper, marmer, glas en donker houtaksente. Die biblioteek, gebou tussen 1931 en 1935, is al sedert 2020 gesluit, aanvanklik as gevolg van die Covid-19-grendeltyd.

Dit het die lig gesien as die wenner van 'n argitektuur-kompetisie, op grond van die ontwerp van die Kaapstadse argitek John Perry. In sy Italiaanse boustyl is dit een van die stad se mees ikoniese openbare geboue en ’n voorbeeld van neoklassieke argitektuur met art deco-invloede wat gemodelleer is op New York se J.P. Morgan-biblioteek. Ná die pandemie het die gebou in 2021 gesluit gebly weens strukturele probleme soos daklekkasies, waterskade en brandveiligheidsregulasies wat nie nagekom is nie. Dit huisves meer as 1,5 miljoen boeke, volgens die Johannesburgse Erfenisstigting, asook ’n uitgebreide versameling argiefmateriaal wat nêrens anders beskikbaar is nie.

’n Toevlugsoord..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.