Een kraal, ’n paar hutte en hopeloos te veel dorpsidiote
TAALMONUMENT SE 50STE JAAR

Afrikaans is nie ’n Nederlandse gewelhuis met baie kamers nie; dis ’n kraal met ’n klomp hutte, meen die skrywer-aktivis BETTINA WYNGAARD. Sy druk ook sommer haar vinger op die grootste gevaar vir die taal.
“HOE vertaal mens ‘magistraat se moer'?” het Shaleen Surtie-Richards een slag gevra toe daar sprake was dat Fiela se kind in Engels opgevoer sou word. Inderdaad.
Sy het verstaan, op ’n instinktiewe manier wat baie taalkundiges en sprekers van die taal nie verstaan nie, dat dit nie net ’n woord self is wat ’n konsep oordra nie, dit gaan ook oor die emosie wat daarmee saamgaan, en die kollektiewe geheue wat daaragter lê. Dink maar aan “hulle weet nie wat ons weet nie” of “ons is nie almal so nie” of “my fok, Marelize”, om maar enkele voorbeelde uit ons onlangse verlede te noem. Dan is daar “aweh masekin” of “howzit”. Kom ons praat eerder nie oor die oorronde “a” wat Pretorianers gebruik of Malmesbury se bry nie. Soms hoef mense net een woord te sê, en dis moontlik om met redelike akkuraatheid hulle komvandaan te bepaal.
Kort ná die Amerikaanse verkiesing kontak ’n akademikus aan een van hul groot universiteite my. Sy vra my oor Elon Musk se Afrikanerskap, en is toe baie verbaas toe ek haar meedeel hy is nie een nie want hy is nie Afrikaanssprekend nie. Vir iemand wat in ’n land leef waar net een taal erken word, is dit seker moeilik om te begryp hoeveel van ons identiteit vasgevang word in die taal wat ons praat. Dit kan ’n beklemmende veronderstelde identiteit word. #onsisniealmalsonie het nie verniet so ’n gewilde hutsmerk geword nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Geen taal behoort tot die verlede nie
Hienatu of danatu, die doodsangs pla die Boere nog
Afrikaners is kwaad, maar nie boos nie
Noem my maar ’n Afrikaner, Ernst
Vat hande, almal van Kanaries tot Milans
Kom ons dekoloniseer Afrikaans
Die SA Inheemse Talemonument (of so iets)
Deel
-
Deel
Bettina Wyngaard
Skrywer en aktivisBettina Wyngaard is 'n leser wat soms stories pleeg. Sy is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (wenner van die Jan Rabie/Rapport-prys) en die misdaadromans Vuilspel, Slaafs, Jagter en Lokval.