Gay op die platteland: die baanbreker-boer Damian

MEDIAHERRIE

Gay op die platteland: die baanbreker-boer Damian

Die bohaai oor ’n gay deelnemer aan Boer Soek 'n Vrou verklap boekdele, skryf HANNELIE BOOYENS. Vir die tannies wat swymel oor gay ikone, maar nie met besonderhede oor hulle liefdeslewe gekonfronteer wil wees nie, is dit grensverskuiwend dat boer Damian se liefdeslewe hier die sentrale fokuspunt is.

DIE nuus het my via vier WhatsApp-boodskappe van verskillende vriende bereik: Die volgende reeks van kykNET se werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou gaan ’n gay boer insluit!

“Skok! Verbystering! Angs! Jippie, dis hoogtyd!” jubel een van my pelle wat vir ’n dekade al verslaaf is aan die reeks.

Dis ’n aanduiding van die gewildheid van Boer Soek ’n Vrou dat die nuus oor ’n gay deelnemer soveel opslae maak. En ook tekenend van die Suid-Afrikaanse media dat hulle die afgelope tyd so op loop gegaan het met dié brokkie nuus...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.