Laat, maar lekker met die Shosholoza Meyl

GESTEWEL EN GESPOOR

Laat, maar lekker met die Shosholoza Meyl

Met al die skrikwekkende stories wat ons oor die land se treine hoor, is dit nog 'n alternatief as jy tussen Kaapstad en Johannesburg wil reis? JACQUES PAUW het gaan uitvind.

TREINRY ontketen 'n dosis nostalgie en weemoed by die meeste van ons. Miskien is dit omdat treinry tydloos is.

Elektriese of diesellokomotiewe het nou wel stoomlokomotiewe vervang, sinjale word elektronies beheer en klein stasies langs die spoor het verdwyn, maar die wiele klik-klak nog steeds onder jou, die remme skreeu, die waens wieg saggies van bakboord na stuurboord en by stasies klop spoorwegmanne met hamers teen die wiele.

'n Langafstandtrein is 'n droom wat deur 'n ewigheid van tyd en spasie dryf; jou kompartement 'n kokon en jy 'n papie wat ver verwyder is van die wêreld daar buite...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.