David Kramer se onsterflike passie vir musiekteater

HEELTYD BESIG OM TE LEER

David Kramer se onsterflike passie vir musiekteater

Dis meer as drie dekades sedert David Kramer min of meer permanent sy rooi vellies uitgetrek het en sy ware nering – die musiekteater – met sy hele wese omarm het. MADELEINE BARNARD het op 'n reënerige Kaapse dag in Seepunt met hom gaan gesels.

DIT het die kombinasie van verskeie kreatiewe dissiplines uit sy kinderjare geverg om David Kramer te help om sy uiters unieke stem te vind: Sy liefde vir gedigte skryf as jong seun. Sy kunsklasse twee keer per week in sy tuisdorp, Worcester. Die kitaar, wat hy homself leer speel het op 11-jarige ouderdom. Sy belangstelling in klere – hy het tekstielontwerp studeer.

Daar was ook minder aangename uitdagings wat sy styl help vorm het, veral in die tyd toe hy in die 1970's as student in Leeds gekonfronteer is met vyandige gehore (dit was in die tyd wat wit Suid-Afrikaners oorsee verafsku is).

Die onvriendelike groepe mense voor wie hy opgetree het, het hom geleer om met komedie en satire die spanning te breek. En hy is terug huis toe met 'n “sak vol liedjies”. En só, met sy gedigte en sy kitaar en sy humor, het hy vir homself 'n unieke persona, unieke musiek en – die heel belangrikste vir hom – 'n unieke nalatenskap in die musiekteater geskep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.